top of page
Uitmelkbos

LIPLEKLEKKER MOEDERSMELK


Die koerant is soos moedersmelk. Daar is geen substituut nie.

Dit is die slotwoorde van my loopbaanboekie Kroniek van ‘n Koerantman (1998, Tarlehoet).

Geen substituut nie inderdaad – en dit nie net oor die mooi houers waarin moedersmelk (ten minste in die geval van homo sapiens) kom nie. Vir daardie stylvolle ontwerp het ek op 70 nog die hoogste waardering.

Hierdie advertensie vir die heilsaamheid/heerlikheid van die produk van die moeder kom uit

Sabiepark. Dit is nou in Desember geneem toe die wereld gewemel het van die klein diertjies. Een van die tweeling, Jacob of Thomas, het die knoppie van die kamera gedruk.

Klein “Funny Face” het sy wildebeesmamma se koskas met soveel entoesiasme gepak dat sy ente, ente teruggeskuif is. Sy het haar dit maar laat welgeval.

Soos ‘n moeder so opreg, gee sy haar laaste druppel weg ….

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page