top of page
  • Uitmelkbos

LIEWER DOODSWYG?

Stemme gaan al hoe meer op dat Julius Malema se flirtasies met rou rassehaat en ander bedenklikhede liefs deur die media doodgeswyg word. ‘n Mens begryp die kommer en vrese wat sulke denke dryf. Jy kom selfs in die versoeking om daarby in te val.

Snoer Malema se mond, is natuurlik ‘n populệre strydkreet omdat sy opsweping van massahisterie so teen die grein van beskaafde waardes ingaan. Oor vliegtuigkapings en ander geweldsdade is in die hoogseisoen van internasionale terreur presies dieselfde versugting gehoor. Moenie die publisiteitsjagters hul sin gee nie, het mense geredeneer.

Veral oor die teenwoordigheid van TV-kameras by tonele van oproerigheid is koppe geskud. Dit lok net erger dade van sệ maar brandstigting uit ter wille van die visuele effek, het kritici graag aangevoer.

Maar wat is die taak van die media? Is dit nie ‘n primệre doelwit om ‘n ingeligte openbare mening in stand te hou sodat mense op grond van al die feite voor hulle die regte keuses kan uitoefen nie?

Malema is, helaas, een maal deel van die Suid-Afrikaanse werklikheid. Wegwens, kan jy hom nie. Suid-Afrikaners sal dalk rustiger slaap as hulle nie elke dag met ‘n roekelose nuwe Malema-truuk gekronfronteer word nie. Maar gaan dit nie dalk ‘n valse gerustheid wees nie? Floreer uitwasse nie juis wanneer die openbare lig nie daarop skyn nie?

‘n Wệreld word nie oornag beter deur sy imperfeksies weg te steek en vir hom ‘n beter, nie-waarheidsgetroue beeld van homself voor te hou nie.‘n Media wat sy plig ernstig opneem, durf nooit bewustelik werklikhede verwring nie. Anders word ‘n selektiewe spieël voorgehou wat mense later sal kan laat pleit: maar ons het nie geweet nie. Hoe verantwoordelik sal dit wees?

Moet dus nie van die media verwag om “onaangename nuus” dood te swyg nie – anders is ons binnekort terug waar die ou “Die Transvaler” in 1947 was met die besoek van die koningsgesin. Weens sy sterk Republikeinse strewe het daardie koerant die besoek doodgeswyg. Net een oggend was daar ‘n klein beriggie oor strate wat gesluit gaan weens ‘n “optog” in die middestad!

Soek ons sulke media ? Nee, die uitdaging voor die media is om hul gesonde oordeel so aan te wend dat die publiek behoorlik, sinvol en gebalanseerd ingelig word oor alles en almal – maar dan ook weer nie met soveel klem op kalkligsoekers dat na die ander kant ‘n skeeftrekking kom nie.

(Bostaande het vandag as ‘n brief in Die Burger se meningskoklomme verskyn.)

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page