top of page
Uitmelkbos

LIED VIR JOU, LIEFSTE VROU ….

Die vrou en die lied vorm ‘n treffende tweeluik. In elke taal, in elke land, in elke soort musiek – van die klassieke opera tot ligpopulêr.

Vroue word besing om hul skoonheid, bekoorlikheid, lieftalligheid, speelsheid, geheimsinnigheid, ondeundheid, moedswilligheid …

As jy begin kies, rol die name: Adeline, Elisabeth, Jeannie, Kathleen, Lara, Lilli Marleen, Macushla (‘n Ierse troetelnaam), Maggie, Madelein, Maria (baie Maria’s), Mona Lisa, Rosemarie, Theresa, Violetta, Vilia. Ikone, almal.

Na baie luister en debat het ek en Tokkie saam op 24 vroue-gunstelinge besluit. Dis vroue vir alle seisoene en van alle ouderdomme. Nooientjies word bemin; gryse dames word in innigheid onthou.

Lesers van die blog sal kan wonder: Waar is Mother McCree dan?  By nadenke: Sy moes op ons lys gewees het.  Lesers sou ook kon wonder: War is Belinda dan? Of Delilah, Lucille, Marianne, Rosamunde, of selfs Klaradyn?

Ons lysie raak-raak, helaas, net aan ‘n ryke tema. Verneem graag kommentaar daarop:

1. Ballade vir Adeline – Richard Clayderman

2. Annie’s Song – Ryan Watt

3. Sweet Caroline – Neil Diamond

4. Elisabeth Serenade – Günter Kallmankoor

5. Estrellita – Anna Maria Alberghetti

6. Giannina Mia – Mario Lanza

7. Jeannie with the light brown hair – Stephen Foster

8. I’ll take you home again, Kathleen – Bing Crosby

9. Lara se tema – Helmut Lotti

10. Lili Marleen – Lala Andersen

11. Lisa se klavier – Laurika Rauch

12. Macushla – John McCormack

13. Liefste Madelein – Leonore Veenemans

14. Maggie – Foster & Allen

15. Hush, hush Maria – Joe Dolan

16. Sweet Maria – Gert Potgieter

17. Marieke – Jacques Brel

18. Mona Lisa – Nat King Cole

19. Nikita – Elton John

20. Rose Marie – Nelson Eddy

21. Kom herab o Madonna Theresa – Joseph Schmidt

22. Vicki – Lance James

23. Vilia – Julia Migenes

24. Hoor my lied, Violetta – David Whitfield

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page