top of page

LIED VAN DIE OLIFANT

Uitmelkbos

‘n Grimmige olifant verjaag leeus – ‘n T.O. Honiball-skets in Piet Meiring se boek Die Wildtuin is hul Woning, PMP, Pretoria, 1976. In Spore in die bos gebeur dit ook – Mayafudi vlieg onder die leeus in by Leeupan.

If I learned anything from my time among the elephants, it is the extent to which we are kin. The warmth of their families makes me feel warm. Their capacity for delight gives me joy. Their ability to learn and understand things is a continuing revelation to me. If a person can’t see these qualities when looking at elephants, it can only be because he or she doesn’t want to. – Douglas H. Chadwick, The Fate of the Elephant, Viking, Londen, 1993

‘n Mens hoef nie eens ‘n bewonderaar van olifante wees nie om meegevoer te word deur die wonderlike Elephant Song waarmee Kandiah Kamalesvaran, beter bekend as Kamahl, in ‘n TV-dokumentêr oor die World Wildlife Fund ‘n wereldster geword het.

Synde ‘n olifant-bewonderaar, gryp daardie lied my behoorlik aan. Die immergroen melodie is gekomponeer deur die Hollandse komponis Hans van Hemert en die ewe immergroen lirieke is dié van Gregor Frenkel Frank. Dit was in die 70’s vyf weke die nommer 1 in die Hollandse top 40. Kon maar vir my geld tien maal vyf weke nommer 1 gewees het.

Met die oog op die verskyning van die uwe se eerste e-boekie, Spore in die bos – swerftog van ‘n olifant, binnekort by e-Boeke vir Afrika, het ek opnuut na die Elephant Song gaan luister; ook opnuut so bekoor geraak dat ek dit opsluit op my webwerf as ‘n soort temalied vir Spore in die bos wou opsit.

Wel, hoe dit daar gekom het, is ‘n lang storie, maar nou’s dit daar, pragtig geïllustreer met olifantfoto’s. As iemand wil gaan luister, hetsy die eerste keer of vir die hoeveelste keer, navigeer net na www.hennievandeventer.com . Op die tuisblad is ‘n knopie na Mayafudi, die naam van my olifant-karakter in Spore in die bos. Klik daarop en volg daarna net die padpredikantjies. En geniet dit!

My e-boek is nou in die pylvak – sal laat weet. Die aanhaling hierbo uit Douglas H. Chadwick se The Fate of the Elephant verskyn ook voor in daardie boek as ‘n soort persoonlike credo.

Hier enkele grepe uit Kamahl se lied:

Tell me said the elephant/Tell me brothers if you can/Why all the world is full of creatures/Yet we grow in fear of man/Tell me said the elephant/Tell me why this has to be/We have to run from man and hunter/Never safe and never free ….

Die refrein spreek ‘n mens besonderlik aan: People kill without regret/Although they fly by jumbo-jet/Let the world all may remember/ Let the children not forget ….

Ook die lirieke is te vinde by www.hennievandeventer.com

Wonder meermale hoekom iemand nie in die stryd teen renosterstropery met so ‘n lied vorendag kom wat wêreldwyd aanklank sal vind nie.

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page