top of page

LESSE UIT ‘N VALLENDE VLIEGTUIG

Uitmelkbos




Iets wat my diep getref het in my jongste sarsie e-posse is die verhaal van Vlug 1549 – die Airbus 320 wat in ‘n swerm Kanadese ganse vasgevlieg het en toe wonderbaarlik deur die 58-jarige kaptein, Chesley Burnett Sullenberger III, by Manhattan, New York, in die Hudsonrivier neergesit is – soos beskryf deur een van die passsasiers, Gerry McNamara, in ‘n skrywe aan sy kollegas.


Die ongelooflike ontkoming nadat Gerry hom klaargemaak het om te sterf, het duidelik ‘n geweldige impak op sy lewe gehad, wat lewenslesse vir elke mens inhou.

Ekskuus as dit prekerig klink, maar ek dink tog dis die moeite werd om sy insigte te versprei – en ook nie nie net ter wille van mense wat gereeld vlieg nie!


Gerry skryf die tyd sal seker antwoorde bring op vrae soos: waarom het dit met my gebeur; waarom het ek oorleef, en wat is ek veronderstel om met hierdie geskenk te doen? Hy kom nietemin agter hy is dadelik reeds geduldiger, meer vergewensgesind, minder krities en minder veroordelend.

Die vier Groot Lesse wat Gerry deel, is die volgende (en ek herhaal dit in die oorspronklike Engels om nie dalk deur vertaling afbreuk daaraan te doen nie):

1. Cherish your families as never before and go to great lengths to keep your promises.

2. Be thankful and grateful for everything you have and don’t worry about the things you don’t.

3. Keep in shape. You never know when you’ll be called upon to save your own life, or help someone else save theirs.

4. When you fly, wear practical clothing. You never know when you’ll end up in an emergency or on an icy wing in flip flops and pajamas and absolutely no use to yourself or anyone else.

And I’d like to add: Fly with grey-haired pilots!


Laasgenoemde is klaarblyklik in ietwat ligter trant. Ek knik my eie spierwit kop, met tien jaar meer se grys, egter in volledige instemming. Dalk is ek bevooroordeeld, maar in ‘n krisis is niks maar niks so waardevol soos ervaring nie.


Ervaring bring nie net “weet hoe” nie; dit bring ook nugterheid, kalmte en gesonde oordeel wanneer dit die broodnodigste is. Of wat praat die ou man alles?

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page