top of page
  • Uitmelkbos

Lekker onseker

Swart swaan, deur Wilken Calitz. Resensie: Willie Burger. (Boeke24) Eintlik ’n lekker resensie. Willie Burger gooi sy draaie deur inhoud en moontlike sin van die roman, en besluit dan dat die andersheid van die werk geleë is in die paradoksale samesyn van realisme en sprokiesagtigheid. Net om uiteindelik te voel dat die veelduidigheid van moontlike tekens en die onvaspenbare waarheid hom laat dink dat dinge wat moontlik groot wyshede kon wees, as mens net die tekens reg dekodeer, ook pseudowysheid meebring. Orraait, dis ook duidelik Swart swaan het met hom getoor. Vandaar die oorwegend positiewe toon van die resensie. Goed genoeg vir my. Ek hou van onsekerheid.

Die grootpad is ’n grondpad, deur Daniël Lötter. Resensie: Francois Bekker. (Boeke24) Hokaai! Wanneer ’n resensent vir jou sê “Lesers mag anders oordeel”, dan weet jy hier is moeilikheid. Lees mens die resensie stip, merk jy twee dinge op: Die resensent hou van die tema en die wêreld wat in die bundel besing en beskryf word; en hy vind dit ’n ongelyke bundel weens die groot register-verandering van niefiksie na fiksie. Ek soek ook meer substansie. En dan laat knal hy daardie sin. Nie orraait nie. Boeke kan onsekerheid myn, maar resensente moenie onseker wees nie.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comentarios


bottom of page