top of page
  • Uitmelkbos

LEEUS OP DIE ROTSE

Leeutyd op HvD se blog vanoggend.

Hoogtyd ook dat die groot katte aan die beurt kom in my reeksie oor ongewone dierefoto’s, meen ek.

Vir party mense is leeus mos alles – en is ‘n Wildtuinbesoek wat nie leeus oplewer nie, soos sop sonder sout.Ek is nie een van daardie leeubeheptes nie, maar om op mooi leeus af te kom, is darem nie te versmaai nie.

Veral nie as hulle so netjies poseer asof ‘n choreograaf hulle vir die kamera reg laat le het nie.

Ook nie as hul “vertoning” ‘n verjaardaggeskenk vir jou vrou was nie. Ons het hulle 10 jaar gelede, op 15 Maart 1999, op die Nhlangulenipad (S36) raakgeloop.

Ek dink ek het nog ‘n mooier foto van die leeus op die rotse, maar kry dit nie nou raakgevat nie. Sal dit laai sodra ek my hand daarop kan sit.

1 view

Recent Posts

See All

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

bottom of page