Johann Louw skryf oor Dokter in die huis, deur dr. Jan van Elfen en dr. Don du Toit. (Rapport Boeke) Louw is self ’n mediese dokter en sy resensie plaas die stempel van goedkeuring op die boek. Goed om te weet, al is die resensie die gedrukte weergawe van goeie kollegiale “bedside manner”.
Francois Smith skryf oor Nuwe stories 2, saamgestel deur Leti Kleyn en Suzette Kotzé-Myburgh (Rapport Boeke) ’n Baie belangrike punt wat Francois Smith in hierdie bespreking maak, naamlik dat die behoeftes van die lesers ook in ag geneem moet word wanneer aanmoedgingsprojekte vir jong skrywers geloods word. Nuwe stemme 2 het té veel skrywersmankemente wat deurgelaat is, en die bundel moes daarom liefs nie gepubiseer gewees het nie. Dis ’n harde oordeel, maar dankie daarvoor.
Martinette Louw skryf oor Ek’s g’n Slams, deur Fatima Dawood. (Rapport Boeke) Ná Martinette Louw se resensie ken ons die verhaal. Nog ’n boek by verstek gelees.
Anna-Bet Bester skryf oor Skarlakenkoors, saamgestel deur Peter van Noord en Karin Eloff. (Rapport Boeke) ’n Lekker lewendige resensie deur iemand wat hierdie versameling erotiese verhale duidelik baie geniet het. Kan geen fout daarmee vind nie. Wat ek wel mis, is ’n bespreking van en/of verwysing na Willem Pretorius se “Die oorloë van alle moeders”, ’n besonderse dekonstruksie van erotiese verhale. Só ’n ontleding sou haar omerking dat die bundel as geheel baie geslaagd is, vir my my baie meer gewig laat dra het.
Comments