top of page
  • Izak de Vries

Laerskool Kenridge se Afrikaansweek, 19-25 Junie 2015

Updated: Dec 15, 2022

Afrikaans kook tans by die Laerskool Kenridge; dit is alles pret en ter verryking van die leerders. Die laerskool doen moeite om die laaste week van die kwartaal nuttig én prettig te maak. Verskeie temas, selfs Egiptologie, word gedek. Daar was Dinsdag ook 'n skaap, hasies, pluimvee en marmotte op besoek. Die grootste, oorkoepelende tema is egter die Afrikaansweek wat op 19 Junie begin het, en die 25ste Junie sal eindig. Hierdie enorme projek, wat bestaan uit 64 lesings en werkswinkels, bied iets vir moedertaalsprekers en nie-moedertaalsprekers. Hoewel dit deur LAPA Uitgewers gereël is, word skrywers en uitgewers van LAPA, NB, Maskew Miller Longman en Pearson ook betrek. Ek kon nie almal afneem nie, maar hier is 'n paar kiekies.

ken0000133
ken0000127
ken0000135

Dit was opvallend stil in Carina se sessie, want almal was aan die skryf.

ken0000134
ken0000129

Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) word vanjaar 50 en 'n nuwe weergawe is op pad. Die Woordeboek is deesdae ook volledig elektronies. Jana Luther en Fred Pheiffer, wat albei woordeboekmakers is, het 'n paar praktiese lesse met die leerders gedoen.

ken0000136
ken0000137

ken0000131
ken0000126

ken0000138
ken0000128

Die Laerskool Kenridge is tweetalig. Hulle leuse, wat hier op 'n deur verskyn is, Elke kind, Elke kans, Elke dag, Every child, Every chance, Every day.


ken0000132

Die skool het 'n mooi biblioteek.

0 views

Recent Posts

See All

Swaai sterk

Soveel as wat ek saamstem met die toekenning van KykNet en Rapport se pryse vir die beste boekresensente van 2021 aan Jean Meiring, Charl-Pierre Naudé en Izak de Vries, dink ek dis tyd vir ’n radikale

Irritasie

Ja, die kat kom terug. Lekker lang vakansie. Rustige dae met die Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel terwyl ek probeer om my lewe weer agtermekaar te kry nadat ’n tweevoetige eweknie van harige Mangali

El anciano gooi mielies

Kon sweer ek het Breyten Breytenbach gister in Barcelona sien stap. Dit blyk toe egter ’n ou Spaanse omie te wees, en ek sit met die daai simpel nadraai van ’n ou Spanjaard wat dink ’n jong - wel, soo

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page