top of page
  • Uitmelkbos

KYKIE DEUR ‘N EK-BRIL

Op Woensdag 2 Januarie 1963 het ek as groentjieverslaggewer by Die Volksblad ingestap. By die 50ste “herdenking” van die begin van my formele Persloopbaan (net twee maande ver) het ek oor my loopbaan uitgewei in ‘n dokument van amper 35 bladsye wat ek ‘n kykie deur ‘n ek-bril noem. 

 Die ek-bril voorveronderstel vooroordeel en dalk oordrewe simpatie vir my onderwerp! Ander sal dinge dalk heel anders onthou – in Volksblad se eeufeesboek,”‘n Lewe van sy eie”,  was ‘n nogal pynlike voorsmakie daarvan! 

 Geen spesifieke teikengehoor was in gedagte nie. Eintlik was dit ‘n oefening vir eie vermaak, maar darem ook met die HvD-versameling by Ineg  (PV 677) in die agterkop. 

 Ek deel dit ná nadenke graag met blogvriende. Die pad daarheen is via my webblad www.hennievandeventer.com  Op die tuisblad is ‘n skakel vyftig jaar.

 Ek het nerens doelbewus oneerlik probeer wees nie. Ek draai ook nie doekies om nie. Ek aanvaar dat nie elke aspek oral guns sal vind nie.   

 Die relaas sal natuurlik nie vir almal ewe relevan,  ter sake wees of boeiend wees nie.Om dit te lees, is harde werk.  Die maklike uitweg as dit te lank, te vervelig of te onhoudbaar raak, is om die wysvinger vinnig in te span om daaraan te  ontsnap.

 Vriendelike groete uit Melkbosstrand.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comments


bottom of page