top of page

Kunstenaars teen xenofobie by die US WOOORDtroFEES 2015

  • Izak de Vries
  • Apr 22, 2015
  • 2 min read
ree

By die 2015 Woordtrofees het Japie Gouws, Besturende direkteur van die ATKV-groep, gesê die beste manier om xenofobie teen te werk, is om saam te werk; presies soos wat by die US Woordfees gebeur. Kunstenaars moet eenvoudig aanhou doen wat hulle goed doen, sê Gouws.

Gouws het ook gesê dat beeldestormlope mense kan ontstel, maar nog eens moet ons kyk na wat die kunste regkry. Afrikaans is nie ’n wit taal nie, die meeste moedertaalsprekers is nie eens wit nie. Nog eens wys die US Woordfees dit aan ons uit.

ree

Saartjie Botha, die feesdirekteur, het in ’n kort toespraak gesê die fees het in 2015 met 34% gegroei. Hier is Saartjie Botha saam met die twee US Woordfeeshelde van 2015: Elwin September en Joey Farao.

ree

Gewildste Poësie: Mede-wete deur Antjie Krog. Nita Cronjé, bestuurder van produksies en feeste by die ATKV,  het die prys aan haar oorhandig.

Krog het een van haar mooi, ryp gedigte voorgelees.

ree

Gewildste Prosa: Ikarus deur Deon Meyer.

ree

Gewildste Leefstylboek: Die Dans met God deur Abel Pienaar.

Pienaar sê die vorige keer dat hy erkenning gekry het, was toe hy die antichris genoem is. Hierdie trofee beteken dus baie vir ’n godsdiensfilosoof.

ree

Beste Speler: Tinarie van Wyk-Loots in Dogma en Orgie.

Sy het gesê sy mis vir André P. Brink, want die stuk sou vir sy verjaarsdag opgevoer word – toe word dit ’n huldeblyk.

ree

Beste Byspeler: Richard September in Rondomskrik.

ree

Beste Regisseur: Christiaan Olwagen vir DogmaDie Seemeeu en Son.Maan.Sterre.

Beste Produksie: Saartjie Botha vir Dogma.

ree

Beste Musiekgedrewe Produksie: Zoid. Zanne. Zolani. Karen Zoid, Zanne Stapelberg en Zolani Mahola met Carien Loubser as regisseur.

Karen het gesê Zolani is tans in Mosambiek om rassehaat en vreemdelinghaat teen te werk.

ree

Beste Solo Musiekkunstenaar: Joshua na die Reën.

Beste Kontemporêre Musiekgroep: Mango Groove.

Beste Nuweling by Aan de Braak: Ont(Pop).

Beste Klassieke Musiekproduksie: Afrikaanse Lied deur die US Kamerkoor o.l.v. Martin Berger.

ree

Beste Visuele Kunste-aanbieding: Museum: Van Been en As deur Sandra Hanekom.

ree

WOW-Onderwyser van die Jaar: Me. Carol Adonis, Reygersdal Primêr, Atlantis.

ree

WOW Skool van die Jaar: Bernadino Heights Sekondêr

ree

Loukmaan Adams het die gehoor laat lag met sy musiek.

ree

Hemelbesem het weer gesê “alles sal oukei wees” toe hy opgetree het.

ree

Danie Marais van PEN Afrikaans ontspan ná die tyd. Kliek hier om PEN Afrikaans se beroep op die regering teen vreemdelinghaat te steun.

ree

Marga Stoffer, uitgewersbestuurder van NB, ontspan ook ná die tyd.

Recent Posts

See All
Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

 
 
 
Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

 
 
 

Comments


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page