top of page
Izak de Vries

Koue onnosele walging

Pick ’n Pay en Woolworths het albei vandag aangekondig dat hulle voortaan geen eiers meer gaan koop van boere wat hulle henne koop by Boskop Layer Chickens nie.

Dít volg op ’n exposé deur Beeld dat daar weekliks 70 000 manlike kuikens in ’n ou plaasdam gegooi word om te vrek. Dit neem van bewering tot vyf dae vir die goed om te sterf van die honger – of van versmoring. Lees die volledige artikel hier.

Nou, kyk. Ek verstaan dat daardie hoenders nie kan eiers lê nie. Duh. Ek kan dus verstaan dat die plaas van hulle wil ontslae raak. Maar, dôner mense, gaan ry ’n bietjie deur ons land en kyk hoeveel honger mense daar rondloop.

As ons elke week 70 000 hoenders kan weggee aan mense wat hulle vir ’n paar maande kan voer en dan eet, dan gaan ons baie gou ’n hele aantal kinders se punte sien styf in die skool.

Nie, magtig. Kom ons begin ’n NRO wat daardie hoenders gratis gaan verwyder, elke week.

Ek is bly Pick ’n Pay en Woolworths het ’n ferm houding ingeneem, maar ek is al te lank in die land om te glo dat daardie boer nie sy hoenders op ’n ander manier gaan versprei nie.

Bravo, dus aan die winkels wat optree. Maar wat is volgende?

Wie kan help om elke week 70 000 kuikens op te laai en weg gee? Dis baie, vrek baie, maar vang julle my argument? KipNet?

0 views

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page