top of page
  • Uitmelkbos

Kortliks

Sushi en Shosholoza, deur Erns Grundling. Resensie: Marian van Wyk. (Rapport Boeke) Marian van Wyk se naam duik nie gereeld op as resensent nie. Ook maar goed so. Sy begaan een van die groot sondes van die resensiekunde. Span 1269 woorde in om iets te sê wat in 100 afgehandel kon gewees het. Teen paragraaf vier begin mens wonder hoekom sy so heftig reageer, en haar slotopmerking in parentese laat jou besef presies wat makeer aan haar bespreking. Vlieë-afvangery in die gedaante van kritiek. Mens snap dat Van Wyk au fait is met Japan en Japanse kultuur; die doel van die resensie is egter om aan te toon of Sushi en Shoshaloza ’n goeie, leesbare boek is of nie, en nie om te bewys dat die resensent die boek beter sou geskryf het en ook beter toegerus is om ’n projek soos hierdie aan te pak as Grundling nie.

Die wolkversamelaars, deur Nadia de Kock. Resensie: JB Roux. (Boeke24) Ek laat JB Roux se resensies gewoonlik aan my verbygaan, maar ’n kollega vestig my aandag op hierdie juweeltjie: “Die wolkversamelaars lees so vlot soos ’n populistiese roman …”

Klikbek, deur Sidney Gilroy. Resensie: Francois Bekker. (Boeke24) Die moderne speurverhaal werp allerhande nuwe dinge op, maar in wese bly die elemente dieselfde. Bekker gee dit toe, maar voel Gilroy verdien aandag danksy die gehalte en aard van sy skryfwerk. ’n Vars oog op Ace se kontrei.

Seks, leuens en die internet, deur Erla Diedericks. Resensie: Riette Rust. (LitNet) ’n Resensie wat my nogal moed gee vir die lewe. Dit is moontlik om intelligent te skryf oor die wasige onderwerp van die seksuele lewe ná 50, en ’n resensent kan sonder gemaakte vroomheid daarop reageer.

3 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page