Nes ‘n skilpad in sy dop in/wil jy hom kiek, dan trek hy kop in …..
Hierdie klein-klein skildpadjie, verdwerg deur die handjies van twee sesjariges, het hom klaarblyklik nie die attensies van die fotograaf laat welgeval nie.
Nietemin, hier’s hy dan kop, pens en pootjies binne sy dop – die lewende bewys dat dit November/Desember ook in Sabiepark se skildpadgemeenskap kraamtyd was.
Comentários