top of page
  • Izak de Vries

Koop asseblief vandag se Rapport

Mense vra soms vir my: Wat doen jy nou eintlik? (Veral my skoonpa ;-) Wel, vandag kan ek sê: Kyk in die Rapport. Daar is twee stunning stukke oor ons boeke.


Bettie Lambrecht, self ’n uitstekende fotograaf, het ’n baie wonderlike onderhoud met Roger Ballen gevoer. Roger se boek Dorps is ’n klassieke werk, en pragtig. Dis ’n moet vir enige fotograaf. In vandag se Rapport kom hierdie boek tot sy reg. Lees dit en skaf jou kopie aan. Dis ’n meesterlike werk. (Terloops: Pieter Malan, die redakteur van daardie bylae, is self ’n uitstekende fotograaf.)


En dan het ek dit al genoem, maar moenie vergeet nie. Hanlie Retief se onderhoud met Pieter Cilliers is ook in vandag se Rapport. Hulle praat, onder andere, oor sy nuwe boek Soeker. Iets om te koop!

Koop die Rapport. Hulle doen geweldig baie vir Suid-Afrikaanse boeke – van alle uitgewers.

0 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page