top of page
  • Uitmelkbos

KOMMOSIE BY DIE KAMPVUUR


Leeu in Sabiepark. Foto: Sabieparkblad.

Kommosie by die kampvuur! “Slang!” kreet kleinseun Thomas en spring soos ‘n veer uit sy stoel. “Waar, waar?” wil almal weet.

Die storie ontvou. Thomas het agter hom ‘n geritsel gehoor. Toe hy omkyk, sien hy die adder se kop. Ta was skynbaar op pad uit die veld in die rigting van die skuifdeur op die agterstoep waar ons almal om die vuurtjie versamel was.

In die konsternasie swaai hy egter om. Met ons almal agterna, seil hy vir die naaste skuiling: die afvoerpyp van die gasteslaapkamer se wasbak. Daar krul die kwaai kerel hom op.

Hy word ‘n gevangene. Die sementblok op die gat word versigtig deur skoonseun Brent en Tokkie met kieries in posisie gedruk en met Sondag se Rapport gefortifiseeer sodat hy nie kan ontsnap nie.

Ons sien genoeg van die bruin lyf vir ‘n akkurate identifikasie uit Johan Marais se slangboek, “Slange van Suid-Afrika”. Mosambiekse spoegkobra, is die algemene bevinding, hoewel swart mamba ook ‘n paar stemme kry.

Vanoggend het Bennie Groenewald en Elvis Khoza van die kantoor gekom om die slang uit te haal. Ons identifikasie word bevestig. Dis ‘n Mosambiekse spoegkobra, sowat een meter lank en uiters gevaarlik. Spoeg kan hy inderdaad spoeg, Spoeg tot twee meter ver en het ‘n skynbaar onuitputlike voorraad gif. Tref die gif jou in die oog is daar perde,

Nou-ja, gelukkig geen skade berokken hierdie keer nie. Nes met ‘n vorige besoek (dalk van ‘n oupa of ouma) twee jaar gelede. Toe het Alfred Mathabula die ongewensde indringer onder ‘n ou vrieskas uitgewoel. Die flenterkas staan in ‘n hoekie buite om allerlei in te berg.

‘n Mens moet maar wakker loop in die bos, Dis die boodskap wat opnuut onderstreep word. Wie die deur ooplos, moet die slang uit die huis verwyder, So het wyle Fickie Visagie altyd vermaan,

Veldlikkewane moes ook al voorheen uit ons huis gehaal word. Een het nogal skade aangerig tydens ‘n langerige verblyf. Gordyne geskeur, glasware gebreek en fotorame van die muur geruk. Onder meer.

Enkele dae gelede is ‘n leeu in Sabiepark teengekom op pad van die piekniekplek af huis toe. Weer was Thomas die wakker een. Tweelingbroer ,Jacob, het op sy beurt groot geskrik vir ‘n slang in die veld by ons voelbadjie. Die het vinnig in ‘n ou pendoringboom verdwyn. Jacob het vanoggend blitsig ‘n video geneem. Ons enigste fotografiese getuienis van die slangepisode.

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page