top of page
  • Uitmelkbos

KODDIGE VLEISIE (BLOG 999)

In die lig van al die vleis-opskuddings oor waterbuffel, donkie, kwagga, perd en wat nog herhaal ek graag ‘n stukkie van vier gelede jaar oor suspisieuse spyskaarte in die Ooste. Vir my spel “koddige kos” daardie wereld,  reg of verkeerd. 

Vreemde vleise is egter nou hier te lande ook sterk ter sprake. Lees gerus die oulike vleisversie Ienkie, pienkie, ponkie op die internet. Die skepper is ‘n pastoor uit die Soutpansberg-kontrei, as ek reg onthou.

Ekskuus dan dat ek weens die aktuitaliteit van die onderwerp  sommer hierdie stukkie uit my humor-reisboek van 1998, “Oos, Wes- Reismoles!” vir my blog nommer 999 aanhaal.   My stukkie vir die dag kom uit die hoofstuk met die titel “Reis en vleis”. Hier volg dit:

Van Oosterlinge het iemand gesê dat hulle enigiets eet wat bek of pote het, buiten miskien die tafel en die stoele. As dit ‘n oordrywing is, is dit nie ‘n yslike een nie.

In die agterstrate van Chinese stede neem hulle jou na hokke waar jy jou eie slang of lewende hondjie vir aandetekanuitkies. Die Chinese glo albei is fynkos, wat, as bonus, ook ‘n seksopkikker is (Viagra in onverwerkte vorm – HvD!)

InJapanword n hartlike “itadakimass” (smaaklike ete) dikwels gevolg deur n waarskuwing dat die “o-naba” (‘n geheimsinnige maar heel lekker visgereg) jou dalkkanvergiftig. Terwyl jy nog steier van die skok, kom ‘n tweede onheilspellende mededeling. Moenie groot happe vat van die “o-mochi” ( ‘n taaierige ryskoek) nie; elke jaar sterf ‘n klomp mense wat daaraan verstik het.

In Australië was tot onlangs rou kreef en garnale (o grillerigheid op note, die sushi loop op pote, HvD!) op sekere spyskaarte. Dit is op wreedheidsgronde verbied.

In Abuja, Nigerië, is weer vasgestel dat aasvoëls op groot skaal doodgemaak, geslag, verpak en as hoender verkoop word op een van die groot markte in die stad Vermoedelik het sommige restaurante aasvoëlvleis in sop voortgesit.

Grieselige ervarings soos die skep by die besoeker ‘n knaende suspisie oor enigiets wat in sommige gewestes uit die kombuis kom.

Voor ‘n besoek aan een vanTaipeise talle straatmarkte wat saans soos plakkerskampe verrys, was ek maar wantrouig. Ek sou die kat (of is dit in hierdie geval die hond?) goed uit die boom kyk voordat ek iets te ete aanskaf.

Uiteindelik gewaar ek ‘n gereg wat lyk of dit met ‘n Vrystaatse spysverteringstelsel sou akkordeer: ‘n hoendersosatie.

No,” sê ‘n hulpvaardige gidsie, “you won’t like.”

“Hoekom nie? Ons eet ook hoender; trouens, ek hou nogal daarvan.”

“No,” hou die gids vol. “ Not light for you.”

Na ‘n hele diskoers, uiteindelik die verklaring vir sy teenkanting: “It’s chicken’s behinds.”

So ingeryg aan ‘n stokkie, verbeel jou – en dit deur gaatjies wat gerieflik deur die natuur voorsien is! (Kry ek nou skielik ‘n hol kol op my maag!)

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comments


bottom of page