top of page

KNEWEL-KREWELS

Uitmelkbos

Nee, hierdie knewels is nie die manskappe wat op 17 Desember kole of kookwater toe gaan hier op Melkbos nie.

Dinge het egter mos ‘n manier om soms onverklaarbaar saam te loop. En juis gister, pas nadat die Van D’s se Groot Kreefdebat in hierdie ruimte op die agenda geplaas is, daag die skouspelagtige foto’s hierbo per e-pos op.

Net om ‘n mens nederig te hou as t ware!


Dis Swakopmund-eksemplare daai, vriendelik (en hopelik sonder bymotiewe) versend deur Henri van Biljon, mede-Melkbosser met diep wortels in die ou Suidwes.

Nee, die meisie se naam ken ek nie.

Nee, die finale beslissing oor die lot van ons krefies (klem op die verkleinwoordjie) op 17 Desember is nog nie gevel nie. Dit begin egter in ‘n rigting mik – hou hierdie spasie dop, soos hulle se.

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Commentaires


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page