top of page
  • Uitmelkbos

KLEUR VAN KERSFEES

Bing Crosby se weergawe van Irving Berlin se immergroen trefferliedjie “White Christmas” word allerweë as die topverkoper-kortspeler van alle tye beskou.

Die oggend nadat ‘n opgewonde Berlin “White Christmas” in 1940 langs sy swembad gekomponeer het, het hy glo vir sy sekretaris gesê: “Gryp jou pen en skryf hierdie liedjie neer. Ek het nou net die beste liedjie geskryf wat ek ooit geskryf het — hel, ek het nou net die beste liedjie geskryf wat enigiemand ooit geskryf het!”

Gister hoor ek “White Christmas” ietwat prematuur – soos al die Kersversiersels wat al in November opgaan – in ‘n Tygerbergse winkelsentrum opklink.

Skielik kom die gedagte by my op: “ Hene, ou Bing, Julius Malema gaan nie hou van wat jy nou hier sing nie!”

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page