top of page
  • Uitmelkbos

KARNAVAL VAN DIE KARNIVORE

Middag uit Sabiepark

‘n Dawerende gebrul laat my en Tokkie uit die bed in die Honda spring en in Wildevylaan gaan leeus soek.

Wel, leeus het ons nie gekry nie, maar ‘n hiëna-spektakel wat sommige Sabieparkers sal laat dink ons skiet spek. “Ses hienas in Sabiepark? Ag. kom nou.”

Om die storie voor te begin moet ek begin met die afsterwe van ‘n ou blouwildebees wat die laaste weke brandmaer hier rondsteier. Sat sy einde naby was, was duidelik, veral toe die ou vir hom op so ‘n soort van ‘n klipkoppie ‘n laaste lêplekkie gaan uitsoek , waar hy so doodstil tussen die klippers nogal ‘n profiel vertoon wat ‘n mens nie kan miskyk nie.

In die nag voor die gebrul ons uit die bed jaag, is die ou blouwildebees by sy voorvaders versamel. Ons kry hom toe aan ‘n tou agteraan ‘n Toyotabakkie waar hy op sy laaste reis na ‘n driffie langs ‘n spruit gesleep word.

Agterna draf twee hiënas vol verwagting. Ons swaai ook by Worsboomlaan in en tref op die toneel van die blouwildebees se laaste rusplek nie net twee hiënas aan nie, maar vier. Een eet, drie dwaal net rond.

Op pad terug Wildevy toe, kom nog twee vleisvreters skewekop aangewaggel: een ‘n hoogs dragtige wyfie.

Op Tokkie se voorstel, draai ek om blouwildebees toe – net betyds om al ses die kadawer te sien takel. Dis net ‘n see van onwelriekende lywe in een bondel kolle saamgepers, wat aan die “karmenaadjie” ruk en pluk en sagte gromgeluide laat hoor, waarskynlik van plesier. ‘n Koninklik karnaval van die karivore!

Later swaai ons met vriende weer in Worsboom in. Toe was vier van die ses se vleislus blykbaar al bevredig, of dalk het hulle net ‘n blaaskansie gevat. Net twee hiënas was troe nog besig om met hul woeste kake repe bokvleis los te skeur

Die vriende was Dawie en Annatjie Strydom. Van Rustig 333 Dis dalk die twee ou Sabiepark-veterane se laaste besoek. Die ouderdom is inderdaad nie vir sissies nie!

Ons ry toe ‘n “koebaairit” al met die rivierpad langs Onder-Sabie toe en van daar die res van die driehoek oor Tshokwane na Skukuza. Die wild het werklik in getalle uitgekom om tot siens te sê: troppe, troppe buffels, sebras en blouwildebeeste., hope olifante, krokodille, kameelperde en koedoes en plate rooibokkies.

Baie spesiaal was ‘n swerm van 100 plus(!) nimmersat-ooievare in lang kolonne by die Sunsetdam, twee flukse ratels tussen Tshokwane en Skukuza en ‘n renoster in ‘n koeltetjie skaars ‘n klipgooi weg.

Daar was ook ‘n amper-luiperd en ‘n amper-jagluiperd, maar geen amper-leeu nie. Die oggend se gebrul was al op die leeufront, maar wat, leeus is ook nie alles nie.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page