top of page
  • Uitmelkbos

Kalm woorde, groot lof

[vii] deur Gilbert Gibson. Resensie: Marthinus Beukes. (Rapport Boeke) ‘n Digbundel is die enigste Afrikaanse publikasie wat vandeesweek geresenseer word. As mens ‘n oog hou op die “digkuns” wat deesdae Facebook vol lê, dan voel jy oneindig dankbaar dat die verse wat uiteindelik die kritiese oog van ‘n resensent bereik, deur die hande van kundige redakteurs en uitgewers is. En jou dankbaarheidsbeker loop oor wanneer ‘n sterk bundel by ‘n relatief onbekende maar besonder knap resensent uitkom – soos die geval hier is. Ek hou baie van Marthinus Beukes se manier van dinge doen. ‘n Mens voel jy het ‘n taamlik omvattende begrip van Gibson se bundel, en jy sal ten minste met wakker oë begin lees aan die gedigte wanneer jy die bundel voor jou het, danksy Beukes se indringende bespreking. Beukes het ‘n baie kalm toon, en die lof wat hy uiteindelik uitspreek, galm daarom soveel luider.

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page