Iemand wat lus is om kuier-kuier die skone Kwazulu-Natalse Middellande te verken, moet eenvoudig tyd maak om nie net ‘n afskeep-uurtjie of twee nie op Hilton te vertoef.
Hierdie juweeldorp in ‘n parklandskap bied veel om die sinne te bekoor. Die lowergroen rant op rant, woudagtige woonbuurte en pikante winkeltjies is met een woord prentjiemooi. Die Quarry Centre is een van die sjarmantste plattelandse sakesentrums wat ek al gesien het. Die statige wit hotel in Tudorstyl is Engelse platteland uitgeknip. Die spogskole met hul skilderagtige sportvelde is uniek, ten minste wat Suid-Afrika betref.
Op die foto’s is die uitsig van Brent en Marisa se tydelike huurhuis, die boonste deel van Flamingolaan waar hulle huis gekoop het, en die krieketveld by die seuns se skool, Laddsworth. As mooi die enigste maatstaf is vir geluk, gaan die kinders hier goue jare tegemoet.
Comments