top of page
  • Uitmelkbos

JOU TROTSE VRIEND


Soos destyds met die baadjie, voel ek die sertifikaat wat vandeesweek in die pos opgedaag het, maak nou my status as “Vriend van die Voortrekkermonument” amptelik.  My sertifikaat soek net ‘n plek teen ‘n muur. Gaan ook my lapelknopie met trots dra.  En die lisensieplakker gaan BMW toe.

Wil terloops net noem dat ‘n hele pak sulke sertifikate seker op pad is Beijing toe. Bykans 50% van alle Chinese besoekers doen deesdae die Monument aan, wat hulle as ‘n voorkeurbestemmings in die land ag. Dat Chinese besoekers in ‘n jaar met 45% gestyg het, het juis vir die Monument pas ‘n yslike pluimpie in die sak gebring. 

Die VTM het by die China Outbound Travel and Tourist Market in Beijing die goue, algehele prestasietoekenning ontvang as algehele wenner by die skou. Prominente rolspelers in die toerismebedryf in Amerika, Afrika en Europa was teenwoordig.

Vyftig persent van Chinese besoekers kan nie verkeerd wees nie. Geluk Sonja Lombard, geluk Voortrekkermonument.

Jul trotse “Vriend van die Monument”,

HvD.  

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Commentaires


bottom of page