Toe ek einde 1958 by Die Volksblad in Bloemfontein opdaag vir vakansiewerk – ek het van Klerksdorp geryloop met my koffertjie klere – was manne soos Kobus Hamman, Jan van Zyl en Herman le Roux van die jong “Menere” daar wat duidelik bestem was om diep joernalistieke spore te trap.
Nou is daardie “Jong Menere” almal al verby die 70’s – een selfs 80.
Vyf oud-redaksielede van Die Volksblad, wat meer as vyftig jaar gelede saam gewerk het toe wyle Hubert Coetzee nog die redakteur was, het Dinsdagaand in Johannesburg Jan van Zyl se tagtigste verjaardag gevier.
Van Zyl (voor), wat Die Volksblad se parlementêre verteenwoordiger was, het as adjunk-direkteurgeneraal van die SAUK afgetree.
Agter is van links: dr. At van Wyk, geskiedskrywer van Pretoria, wat een van Die Volksblad se eerste Goudveldse Verteenwoordigers was; Berna Maree, oud-vroueredaktrise, wat 17 jaar vir SA Panorama gewerk het; Herman le Roux, voormalige sport- en assistant-redakteur, wat twaalf jaar gelede as assistent- en sportredakteur van Beeld afgetree het, en Kobus Hamman, oud-hoofsub en -nuusredakteur, wat ook by die SAUK tot adjunk-direkteurgeneraal gevorder het.
At van Wyk en Berna Maree was al weg toe ek Die Volksblad leer ken het.
Die foto is deur André Liebenberg.
コメント