top of page
Uitmelkbos

JAN TUISBLY SE VLIEGTUIGIE

Sunair, Interlink, Nationwide, Velvet, 1 Time ….. dis ‘n droewige geskiedenis. Soos Suid-Afrika se laekoste-lugdienste vou, laat dit ‘n mens dink aan die kinderrympie oor die tien klein paddatjies (in Engels steeds Ten Little Niggers):  

Tien klein lugdiensies

klief deur die lug,

een raak bankrot

en vou met ‘n sug, 

nege klein lugdiensies

veg vir bestaan,

nog ene tuimel –

net agt sukkel aan …

Simpatie, empatie, deernis – my hart loop oor met alles vir al die duisende die in-die-steek-gelate 1Timers (LastTimers).  Veral die ouens wat weens die soveelste lugdiens-bankrotskap begrafnisse, bruilofte en belangrike verjaardae gemis het.

Ook daardie arme drommels wat lank gespaar het om oplaas ‘n vliegkaartjie te kan bekostig.  Nou is elke sent spaargeldjies saam met hul drome daarmee heen terwyl hulle met Jan Tuisbly se vliegtuigie vlieg.  

Kiepie het op 8 Julie 2008 vier vliegkaartjies Nelspruit toe by Nationwide gekoop vir R5 500. Volgende: Nationwide is hopeloos bankrot. Moet maar weer opdok of die kleinkinders teleurstel.

Vandag, meer as vier jaar later, stuur ek steeds boodskappe om te verneem wat dan van my eis geword het. Nie eens die hoflikheid van ‘n “het jou brief ontvang” val my te beurt nie.

Die Tshwane-trust (likwidateurs) stel blykbaar nie in passasiers se navrae belang nie.

Die SAL (SAA) vlieg voort – die belastingbetaler is ‘n wonderlike melkkoei.  Die ander lugdienste beur teen ‘n neuswind. Watter een is is volgende wat  koerantopskrifte haal?

As ek kan raad gee: loop maar draaie om die “flaai baai naaits”.


1Time … Last Time!  Koebaai, Meraai.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page