top of page
  • Uitmelkbos

JACOB EN JAKOB

Soos Woensdag nie Jacob Zuma se dag was nie, was gister nie Jakob van Deventer (njannies my doopnaam!) s’n nie.

Albei Jacobs/Jakobs is op pad iewers heen.

Jacob is op pad na Nkandla en later … wie weet?

Die uwe is op pad na die Harteenheid van die Panorama Medi-Clinic.

Die skerp messe wag. Viervat-omleiding op 27/2.

Baie planne skielik in die war gestuur, o.m. die viering in loco van ons verbintenis van 20 jaar met Sabiepark.

Darem dankbaar die dreigende katastrofe is deur die wakker internis opgetel.

As dit ‘n bietjie stil raak hier: HvD hoop om eerlank op volle vaart terug te wees.

#hartomleiding #hennievandeventer #melkbos

0 views

Recent Posts

See All

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

bottom of page