top of page
  • Uitmelkbos

JAAREIND-BRIEFIE


Liewe vriende

Vir die Van Deventers het die jaar onder meer die volgende gebring:

Hennie het 70 jaar oud geword en die tweeling Jacob en Thomas 7 – die twee is skool toe; volwaardige graad -eentjies.

Johan en Brent het 40 geword. Johan is amper al sy 40 jaar op insulien; wat die een of ander rekord moet wees.

Duisend Dae Langs Die Sabie (HvD se 16de) het verskyn – en is o.m. deur Tigers Eye gekoop vir verspreiding in Wildtuinwinkels.

Die jaar het ‘n paar hobbels opgelewer. In die algemeen het die seëninge bly ophoop. Ons vier Kersfees as diep dankbare mense en gaan die Nuwe Jaar in met hoop, optimistisme en hoë verwagtinge.

Ons wens julle Gods rykste seën toe vir Kersfees en die jaar 2012.

Hennie en Tokkie van Deventer

Penguin Place 11, Melkbos/Wildevy 154, Sabiepark

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page