top of page
  • Izak de Vries

Izak het ’n nuwe werk

Ja, dis nou tyd om vir almal te sê: Izak se nuwe werk is nog cooler as sy vorige werk.

Vanaf 1 Mei gaan ek amptelik by Protea Boekhuis aansluit. Dié van julle wat ons op Facebook volg, sou dalk al die lek gesien het, waar daar ook ’n lys foto’s van ons span verskyn.

As jy nog nie ’n vriend is van Protea Boekhuis nie, kom sluit aan asseblief. Nie net sal ons jou op hoogte hou van al die nuwe boeke nie, maar jy sal ook eksklusiewe uitnodigings kry na skrywerspartytjies en allerlei lekker goed gekoppel aan die boekbedryf.

My jare by Pearson was baie besonders. Ek het myself simpel gewerk by tye, maar dit was ook goed. Harde werk maak ’n mens nie dood nie, dit gee jou wel rimpels. (En by Protea gaan ek nog ’n paar rimpels kry!)

Die voordeel van ’n pos in ’n suiwer Engelse, akademiese omgewing (soos Pearson) was dat my skryfwerk en my blogwerk losgestaan het van my werk.

By Protea gaan ek en die Afrikaanse boek baie duidelik een word.

Ek wil dus hier, in die openbaar, noem dat ek hierdie blog wil aanhou gebruik vir persoonlike doeleindes. Ek wil steeds tong uitsteek vir die heilige koeie, steeds stout wees en die opposisie met mekaar laat trou, en steeds alle uitgewers se boeke en denke bespreek.

Al is ek van nou af baie deeglik, en baie trots, verbonde aan Protea, sal baie van julle weet dat ek noue verbintenisse met Tafelberg, Human & Rousseau, Kwela, Umuzi & Lapa het.

Natuurlik sal hierdie blog trots wees op ons werk by Protea, maar ek sal ook my bes doen om nie ander se boeke af te skeep nie.

Baie dankie vir die jare se saamblog, hier kom nog baie van my af!

1 view

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page