top of page
  • Uitmelkbos

IN TAMATIESTRAAT!

Posted in Uncategorized at 5:53 am by Administrator


Laat my vandag weer die kleed van bemarker aantrek, wat ietwat ongemaklik is omdat dit baie persoonlik is en dus as onbeskeie of ydel gebrandmerk kan word (gebrandmerk SAL word in sekere kringe, ongetwyfeld … dit is maar altyd die geval as ‘n mens jou eie basuin blaas, wat ook al die omstandighede).

Hier’s my storie: my humorboekie “Praat-praat in Tamatiestraat” is uiteindelik aan’t roere nadat verskeie vertragings opgeduik het. Griffel Media (ook uitgewer van “Byl in my bos”) is vasebeslote dat hy ‘n Oktoberbaba moet wees (wel, dalk met so ‘n paar dae speling na die verkeerde kant toe, soos dikwels die geval ook by mensebabatjies is).

In Tamatiestraat is’ n seleksie van (hopelik) humoristiese blogs/stories uit die HvD-stal, wat in die laaste jaar of drie hier, op my eie webwerf, www.hennievandeventer.com/hvdblog of op MyBeeld en in Huisgenoot verskyn het.

‘n Arme drommel wil ‘n einde maak aan alles – toe word sy “sterfbed” onder hom uit gekaap. Ouma se rooi nagrok verdwyn geheimsinnig uit die outehuis op romantiese uitstappies. ‘n Entoesiastiese dame sonder ‘n draad storm met ‘n oorlogskreet op haar lippe swembad toe – en ontdek, tot in haar siel geskok, ‘n onverwagte toeskouer.

Stories soos hierdie, dalk onthou julle.

Van die temas wat ontgin word, is die stuitighede by begrafnisse; die vuur en avontuur van opwindende laat liefdes; krom en skewe kommunikasie; dikvellige kuiergaste; mediese moleste, betjoinste boetebessies … noem maar op. Griffel noem dit ‘n “plesierige storiebunde” wat allerlei verleenthede, skades en skandes weerspieël wat die uwe in sy

omswerwinge slagoffers sien en hoor oorkom het, of, helaas, self oorgekom het.

Oor daardie”self oorgekom het”, trek ek hier liewer die sluier – koop die blerrie boek, soos Nataniël altyd sê. Maar daar is nogal ‘n paar dingetjies waaroor ek bloos!

Ek hou van humor, en my eerste skryfwerk, onder meer “Scoops en Skandes”, “Flaters en Kraters” en “Oos, Wes – Reismoles!” val ook in daardie kader.

Ek weet hierdie skoot is dalk prematuur – sal nader aan die tyd weer die basuin afstof – maar ek is so bang ‘n vriend of iemand wil ‘n lagboekie as ‘n Kersgeskenk aanskaf, en koop sommer ‘n oue op ‘n rommeltafel omdat hy onbewus is van “Tamatiestraat” se koms!

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page