top of page
  • Uitmelkbos

IEWERS IN KARATSJI

Wel, hier’s ons weer terug op Melkbos . Die bosvakansie is agter die rug. Die berg en die branders sorg gelukkig vir ‘n ewe mooi oggend- en aandtafereel as Sabiepark in sy somerglorie.

Stadigaan begin ek die revolusies opjaag om weer te begin blog – het nogal ‘n paar dingetjies wat ek graag  wil deel. 

Net eers die volgende van die hart kry:   

As jy in die bos afgesonder is, chroniese slagoffer van MTN en Vodacom se stryd oor watter een konstant die swakste sein kan produseer, raak jy nogal van die radio afhanklik. RSG slaag egter daarin om in twee vername bulletins, om 19:00 en weer 07:00 die volgende oggend, ‘n kriekettoets soos ‘n stopstraat te ignoreer.

Maar iewers in Karatsji was ‘n busongeluk met ‘n paar beseerdes. Hygend hert!

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page