top of page
  • Uitmelkbos

Iets nuuts

Fotostaatmasjien, deur Bibi Slippers. Resensie: Charl-Pierre Naudé (Boeke24) Heerlike resensie oor Afrikaanse digkuns in ’n nuwe sleutel. Lyk dit my. Naudé begin lig en speels en dan rig hy hom tot die spesialismark van poësie-leifhebbers en -bedrywers. Dit is ’n resensie wat meer trefkrag sou gehad het as Naudé baie aanhalings uit die bundel kon gebruik het. Ek kan aan geen rede dink hoekom dit nie ten minste op die webweergawe van die resensie bygevoeg kon word nie. Ook ’n lekkerslotsin: “Intussen gaan ’n klomp mummies in die hall of fame regop sit.”

Die leliemoordenaar, deur Lerina Erasmus. Resensie: Helen Schöer (Boeke24) Uiteindelik! Erasmus het die wonderlike “lokbokkom” geskep vir “red herring”. Schöer gebruik dit, en nou moet ons net sorg dat dit WAT se ore bereik. Die resensie: Onderhoudend, en ’n lekker slot waarin sy Erasmus se gebruik van amarillis-bolle benut om die leser op nuuskierigheidsgrondslag te plaas.

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page