top of page
  • Uitmelkbos

HVD GEE ‘N EERSTE E-TREE


Mayafudi, my bloubloed-olifant, gaan nou e-spore trap! Die storie van daardie “maaifoedie”-olifantbul se swerftog in die Afrikabos is afgestof, getimmer, vernuwe en herverpak. Dit gaan binnekort as e-boek by eBoeke vir Afrika verskyn.

Die kontrak is vanoggend geteken. Die ou man is dalk te opgewonde vir sy 71-jarige hart oor die eerste tree op onbekende nuwe e-weë.

Op die foto is die ou Mayafudi (2005-model). Die skilder is David Cubbin, bekende skilder van SA se wild- en voëllewe.

Toe nou al julle mense met julle Kindles, laat van julle hoor!

0 views

Recent Posts

See All

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

bottom of page