top of page
  • Uitmelkbos

HVD, DINKYMAN!

In aansluiting by die vorige blog, Speelgoedparadysie, ‘n foto van circa 1946/47.

Dis die jonge heer HvD – hy het toe al graag op sy niere gesit – op die stoep van Diagonalstraat 10, Kimberley, met sy Dinkys (van sy Dinkys?).

Ek het ook ‘n foto wat blykkbaar dieselfde dag geneem is, van die nimlike outjie met sy verslete buiteband wat hy tot vervelens in die agterplaas van onse skakelhuisie gerol-rol-rol het. Die is agter glas in ‘n collage. Anders was sy voorland ook hierdie blogruimte.

As die pleisterwerk van Diagonalstraat se stoeptrappies nie waffers lyk nie, bly liewer stil. Netnou begin ek uitwei oor die kleinhuisie onder die peperboom doer in die hoek van die “agterjaart”. Dit was die emmer-era.

Ek lieg nie: ons had ook geen ingeboude bad in die huis nie. Die sinkbad het in die middel van die badkamer se vloer gestaan wanneer die tyd vir ‘n bad aanbreek.

My potjie-geleerdheid is werklik op ‘n potjie (‘n koos, man!) opgedoen. My eerste melktand het gewissel tydens een van my studiesessies. Skielik was daar ‘n poing in die pot. Dit was nie … ahem .. nie, maar die voortand.

Ma Baby moes hom herwin vir die tandemuis. Die het vir my ‘n tiekie gebring.

0 views

Recent Posts

See All

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

bottom of page