top of page
  • Chomsetussenbetragtings

Hulp asseblief!

So rukkie gelede het ons bespiegel oor die moontlikheid dat mense deur Mweb bedonner kan word in terme van cap usage. Iemand het nogals gese dat dit wel moontlik is vir 'n buitestaander om van mense se cap te steel, as ek dit nie mis het nie. Ons ervaar nou presies dieselfde by ons werk, ook met Mweb. Volgens hulle rekords word daar selfs na-ure caps gebruik by ons, en hulle ontken enige moontlikheid dat die fout aan hulle kant kan wees. Op ons personeelvergadering Saterdag is ons almal van 'n dizzy height af uitgedinges oor ons so baie caps gebruik. Nou wil ek graag weet:

Wat presies veroorsaak dat mens baie caps gebruik? Ons hoor nou van "download" en "upload", maar weet nog steeds nie. Nie een van ons laai movies of musiek af (of op, for that matter) nie. Wat van emails? En blogging? Koerantlees? Gebruik dit baie of bietjie? O ja... en wat is die verskil tussen "download" en "upload"? Seblief, as iemand wat baie hiervan weet my kan help hier sal ek dit baie waardeer. Groetnis

0 views

Recent Posts

See All

Net 9 disse?

Kom ek op hierdie interessante berig in die Sowetan af vandag, en herken myself toe baie goed! Alhoewel die studie onder die Britte gemaak is, dink ek dis tot 'n groot mate op ons van toepassing. Sal

My kortverhale (wow, dit was pret!)

Hy klap die agterdeur met 'n dawerende slag agter hom toe. Sy bly op die vloer sit, en vryf oor haar brandende wang. *** "Mamma, waar's Pappa?" Sy sug, vat haar dogter om haar maer skouers en lei haa

Joeeeeehoeeee! Ek's terug! (dink ek...)

Hallo liewe blogvriende! Ja, vir die eerste keer in VIER maande het ek weer soortvan internettoegang! Dankie vir die van julle wat my nie vergeet het nie, en so nou en dan 'n boodskappie gestuur het (

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page