top of page

Hulle foto’s praat steeds

  • Izak de Vries
  • May 6, 2011
  • 1 min read

Twee bekende fotograwe is onlangs in Libië oorlede en Anton Hammerl, ’n Suid-Afrikaner, is ontvoer.

Alles dui daarop dat Hammerl tans nog leef en dat hy moontlik as ’n pion gebruik sal word wanneer die Gadaffi-magte nie meer kan uithou nie.

Slegs ure voor hy ontvoer is, het Hammerl ’n aantal dramatiese foto’s op sy plaaslike agent se ruimte gelaai. Hier is hulle.

Chris Hondros, wat gesterf het in ’n bomaanval op die rebellemagte se vesting, was aan die werk toe die bomme geval het. Sy laaste foto’s het behoue gebly. Hier is hulle.

Tim Hetherington, wat saam met Hondros gesterf het, se laaste foto’s het nie behoue gebly nie. Hier is egter ’n skakel na klompie foto’s wat hy onlangs geneem het van die keiharde lewe wat die VSA-soldate in Afganistan voer.

Recent Posts

See All
Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

 
 
 
Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

 
 
 

Comentarios


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page