top of page
  • Izak de Vries

Hot Gates, Menseregtedag en die Nuwe Jerusalem


Julle sal nou al weet ek het ’n broertjie dood in kerke wat bestaan om geld te maak en dominees wat heeldag gal braak oor die hel en vir jongmense vertel seks is sonde. Juis daarom moedig ek graag mense aan wat hard probeer om die kerk weg te pluk en te red van die fundamentaliste.

Ek lees graag teologie, as ek tyd kry, en het vanoggend op ’n baie interessante meditatio afgekom wat Gerhard Bothma geskryf het oor Hot Gates, daardie wonderlike lied van Christopher Torr.

Vier gerus menseregtedag deur te dink aan hulle wat hulle lewens gegee het vir Vryheid, en mediteer saam met Gerhard Bothma oor die pragtige lied. Syne is nog ’n baie opkykende teologie, maar soms moet rebelle soos die uwe dit ook lees.

En onthou: Ons het steeds die vryheid om in Afrikaans te sing, te vry en te huil. Vier dit, koester dit en stem vir langdurige Menseregte op 22 April. Ek was nog altyd ’n ANC-ondersteuner, maar Showerhead en sy gebrek aan respek vir menseregte kry beslis nie my stem hierdie rondte nie.

Hoekom? Want geloof gaan nie oor pasteie in die hemel nie, dit gaan oor die lewe; ja, dus ook oor menseregte. Anders gaan ons weer mense doodskiet in die naam van God en kultuur.

0 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page