top of page
  • Izak de Vries

Homo horribalis

Vanaand weer die donker kant van die mensdom gesien.

Ek was in die kombuis toe twee mense voor die huis opdaag. Een ken ek, die ander nie. Die ouer vrou, wat ek nie ken nie, haal ’n selfoon uit en bel. My vrou se foon lui. Dis die maatskaplike werker wat die hospitaal bedien waar my vrou werk. (My vrou is ’n spesialis in huisartskunde en werk vir die staat.)

“Kom in!” sê my vrou.

Die jonger een ken ek. Mooi kind. Sestien. Sy’t al model gespeel vir my.

Die storie is: Mooi kind is eergisternag deur die stiefpa gedôner. Ma het haar hospitaal toe gevat waar hulle tot een uur die oggend gesit het en nie ’n dokter gesien het nie. Daar was ander wat erger verwond is.

Die een suster hét darem ’n tetanusinspuiting gegee. Vandag is die kop nog seer. Hulle bel die maatskaplike werker. Die maatskaplike werker ken ’n staatsdokter wat redelik naby bly.

My noodhulpstel word uitgediep. Hare word weggeknip.

My vrou maak geregtelike sketse. Ek gaan haal die kamera. Vir die eerste keer in baie jare neem ek weer mediesgeregetlike foto’s.

Twee sentimeter lank. Jy moet ’n persoon redelik hard moer om dit reg te kry.

Mooi kind glimlag maar.

Ek jaag almal koffie in. Die saak sal môre gemaak word, maar sy slaap vannag weer daar ...

Ant Sussa het gepraat oor vloek. Dis sulke tye waar ’n paar knope help om die magteloosheid weg te weer.

2 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page