top of page
  • Uitmelkbos

HOEKOM SO STIL OOR BIRD ISLAND?

….

Lees die jongste verwikkelinge (Augustus 2020) via LitNet:

Verklarings van Media24:

Media24 het verskoning aangebied vir die publikasie van lasterlike stellings aangaande Mnr Barend du Plessis in die boeke “The Lost Boys of Bird Island” en “Die Seuns van Bird Island” asook die emosionele skade wat die publikasie van die boeke vir die Malan- en Wiley-families kon veroorsaak het. Volg hierdie skakel na die relevante verskoning.

….

Twee maande het verstryk sedert die Bird Island-bohaai losgebars het. So eensklaps soos dit op die nasionale agenda verskyn het, het dit in die sand doodgeloop. Is ons wyser as wat ons was?

Klaarblyklik “nee”. Van die “nog onthullings” wat telkemale uit soveel monde belowe is (o.a. deur die uitgewer Tafelberg en die medeskrywer Chris Steyn) het dadels gekom.

Geen maar geen slagoffer van die beweerde wandade is opgespoor nie, ondanks vurige pleidooie en speurtogte (soos dié van wyle Mark Minnie en verslaggeefster Maygene de Wee kort voor sy dood). Geen krieseltjie getuienis is opgediep wat die “derde minister” (Barend du Plessis) aan ‘n “pedofielnetwerk” koppel nie, buiten dat hy – met die wete van sy kantoor en gesin! – op ‘n militệre helikopter na Bird Island is vir die opening van ‘n ghwanokaai. T.o.v. Magnus Malan is geen aks gevorder nie om bewyse te vind vir wat in ‘n kollektiewe reaksie van Weermag-generaals tereg as “kwaadwillige bespiegelings, omstandigheidsgetuienis en verregaande afleidings” afgemaak is.

Sleutelkarakters, die seun wat in die agterlyf geskiet sou gewees het, die dokter agter sy wonderbaarlike herstel en die matrone wat omgekoop sou gewees het om hom in die geheim te versorg, het soos skimme verdamp. Jy hoor van hulle maar jy sien hulle nie.

Sinspelings dat agter Minnie se dood iets meer kon skuil as die klaarblyklike – die wanhoopsdaad van ‘n verwarde siel – het by wilde raaiery gebly. Geen forensiese of ander ondersoek het iets verdags opgelewer nie.

‘n Mens moet dankbaar wees dat die onheuglike sage nou dood soos ‘n mossie is. Dit is egter verontrusend dat die onreg aan onskuldiges skynbaar dan ook maar net begrawe en vergeet word. ‘n Berouvolle apologie vir ‘n kavalieragtige swartsmeerdery is die minste wat van elke betrokene verwag kan word.

(Ek is dankbaar teenoor Volksblad en Netwerk24 vir die plasing van die briefie vanoggend. Hulle het Barend du Plessis en Maygene de Wee se name verwyder. Ek meen egtr dit is ter sake om dit, soos in die oorspronklike brief, hier te behou.)

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page