top of page
  • Uitmelkbos

Hoekom blog jy? En hoekom blog jy by LitNet?

LitNet-bloggers

Die internet is ‘n raserige plek. Dis erger as Birdstraat se Pick & Pay in Stellenbosch half elf op ‘n Saterdagoggend, as die kleintjies sit en nies op die trollies se handvatsels met die slagspreuk: “Pick up something new today.”

Ons blogruimte hier by LitNet gons. Julle het seker gesien? Ons getal bloggers raak amper aan 500. En dis net dié wat die wegraping oorleef het. Daar was ander wat in die slag gebly het. Maar hulle het nou die geleentheid om weer te registreer, aan boord te klim en vars en nuut te begin.

Maar hoekom? In die besige ruimte, tussen die skare? Hoekom met jou klein-klein megafoontjie staan en skree? Hoekom sit en wag dat iemand anders vinnig onderaan reageer?

Ek gaan klop aan by die internet self vir ‘n antwoord. Hoekom blog? En toe kry ek iets soos ‘n antwoord, al is dit eintlik nie regtig een nie. Die antwoord is: moenie blog slegs as jy iets het om te sê nie. So sê skrywers mos ook: moenie sit en wag vir inspirasie nie. Gaan sit. Boude op die stoel. En skryf. Dis beter as enige skryfkursus, of droom van al die kere wat jy droom van jou groot roman.

So hoekom blog? Ek weet nie, elkeen wat hier blog moet self besluit. Op LitNet, weet ek, is daar skrywers of mense wat hou van skryf en lees. En as mens die twee idees met mekaar versoen – die skrywer wat aanbeveel om te gaan sit en te skryf en die blogger wat staan en kopkrap oor hoekom hy blog – dan spreek dit vir my vanself. Jy is by LitNet. Jy skryf. Hier, by die blogruimte, is jy welkom.

Geniet dit.

Groete,

Naomi Meyer, LitNet: inhoudsbestuurder

Share this:

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page