top of page

HOE RY DIE TREIN ….

  • Uitmelkbos
  • Oct 24, 2015
  • 2 min read

Herinneringe aan die Green Lantern Inn.

Herinneringe aan die Green Lantern Inn.


Plek-plek voel dit of ‘n mens deur ‘n vullishoop tonnel. ‘n Beklemming pak jou oor die smerige beeld wat toeriste van jou liewe land kry. Jy probeer stip voor jou staar maar jou moedswillige oë dwing terug na die morsigheid.

Rommelhope, rommelhope, rommelhope aan weerskante van die spoor, veral van Randfontein af tot by Parkstasie. Dit was ongetwyfeld die slegste van ons reis met die Shosholoza Meijl van die Kaap af.

Elke dan en wan knars die trein boonop tussen nerens en niks tot stilstand – soms pynlik lank. Dan sit jy maar met jou vingers en speel. Prasa, wat die treine beheer, en Transnet, wat vir die spore sorg, sinchroniseer klaarblyklik hoegenaamd nie. Ons het twee uur laat in Johannesburg aangekom, taamlik ontnugter.

Die Premier Classe het ook sy pluspunte – netjies waens en kompartemente, goeie en vriendelike diens, goeie kos. Om dit as super-luuks te beskryf, soos in die oor-entoesiastiese reklamestukke, is egter erg hiperbolies.

Wil nie ‘n nat vadoek weees nie. Maar kan, helaas, nie die ervaring met ‘n skoon gewete by vriende aanbeveel nie.

Dinge kan vining verander.

Geskiedenis waar ek dit nie verwag het nie, het ek aangetref by ons eerste nag se slaapplek op Van Reenenspas. Ons hotelletjie, die Green Lantern Inn, is 123 jaar oud. Sy deure was in al die jare nooit toe nie, hoewel die Britte die karaktervolle plek met die beleg van Ladysmith in 1899 opgekommandeer het as garnisoen.

Die naam kom van die groen lantern wat jare her in die pas opgehang is om reisigers in digte mis op die spoor te hou.

Sogenaamde “Silent Movies” uit die jare ’30 met sterre soos Charlie Chaplin and Laurel & Hardy word steeds 24/7 op die oorspronklike skerm in die gesellige, ruim sitkamer vertoon.

Nog ‘n kenmerk: die hotel het twee nuuskierige inwonende donkies, Bojangles en Dusty, wat haar neus letterlik in ons kattebak kom steek het.

Later vertel ek meer van hierdie kuier by die kinders, pelgrimstog en ontdekkingsreis, als in een.

Recent Posts

See All
Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

 
 
 
SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

 
 
 

Comentarios


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page