top of page

Hier en daar

Uitmelkbos

Maggie Marx bespreek Kamee, deur Roela Hattingh. (Rapport Boeke) Ek dink mens sal nou kan sê Roela Hattingh het gearriveer. Marx se resensie is ’n aks minder akademies as Frederick J. Botha se bespreking van enkele weke gelede op Boeke24, maar dit eggo sy evaluering, en voeg nog meer lof en goeie begrip by. En tussen alles wat Marx skryf is daar ’n taksering wat mens onmiddellik laat aanvoel dat daar groter dinge op Hattingh wag: Sy is ’n storieverteller by uitstek.

André Wessels resenseer Die Dorslandtrek 1874-1881, deur Nicol Stassen. (Boeke24) Mens wens nogal André Wessels het Piet du Toit en Wanda Smith se Stylboek, wat die vorige dag in Rapport bespreek is, gelees. Die resensie dwing gesag af danksy die respekvolle toon van die formulerings – maar daarin lê ook ’n probleem. Té veel loftuiting ondermyn uiteindelik die toon van eerbied. Die boek word besing, maar die inhoud bly op ‘n afstand. Omdat Wessels self ’n geskiedkundige is, sou dit vir hom moontlik gewees het om te bepaal watter materiaal uniek is, voorheen onbekend, en daaromheen ’n resensie opgebou het. Die aangewese uitweg vir akademici is kwasi-akademiese resensies, maar dit is só onnodig. Nicol Stassen het by die bekendstelling van die boek dinge gesê wat invalshoeke vir ’n halfdosyn ander resensies bied, en nie een daarvan sou kwasi-akademies van aard gewees het nie.

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page