Valkoog Danie Krynauw van Melkbos lees in die begrafniskennisgewings van “Die Burger” gister nog’n inskrywing raak wat hy bloggenswaardig ag.
Ek stem van harte met die ou sondaar saam, en haas my om dit in hierdie ruimte verder uit te dra:
” Tydens ons laaste saamkuier het ons nog planne gemaak om saam Karoo toe te gaan. Ons sou twee aande in die ‘Hel’ gaan oorslaap. Toe ‘chicken’ jy uit en gaan eerder Hemel toe.”
Danie se kommentaar is: “Goeie keuse!”
Ook daaroor kan ek nie van hom verskil nie!
Comments