top of page
  • Uitmelkbos

Help ‘n bietjie hier!

Liewe Blog-maats

‘n Poging om my eerste foto hier te laai, was gister minder geslaagd as die Sharks se aanslag op die Curriebeker. Nou soek die oom raad by die slim mense wat sulke ingewikkelde maneuvers sommer met hul oe bot-toe en hul regterhande agter die rug vasgemaak foutloos kan uitvoer. Ja, ja, ek is na die Help-venstertjie en ek sit met die uitdruk hierby my wat stap vir stap verduidelik hoe ‘n mens te werk moet gaan. Maar dit was onvoldoende om ‘n moles af te weer.

Waar ek ongelukkig vasgeval het, was met die voorlaaste stap: Kies die verlangde grootte. My keuse het op die “oorspronklike grootte” geval. Dit was klaarblyklik nie ‘n slim opsie nie. Soos wyn wat oor die rand van ‘n glas stort, is my foto toe aan weerskante oor die wal – van die wal tot in die sloot!

Die byskrif het dieselfde pad gevolg. Toe ontdek ek, o aarde, al die vorige inskrywings op my blog is skielik ook te breed vir die beskikbare ruimte. Hulle bars as’ t ware uit hul nate.

Al genade was om die poging te aborteer, wat ook g’n eenvoudige takie sonder kompliasies was nie. Eers het ek darem daarin geslaag om die foto te verwyder. Toe bly egter ‘n kol oor wat verklap dat daar ‘n foto moet gewees het. En die onderskrif bly klou soos ‘n neet daar tussen niks en nerens. Om ‘n lang storie kort te maak, foto en onderskrif is nou snippermandjie toe. Ek brand om weer te probeer, maar ek’s tog skrikkerig. Lyk my die geheim is in die keuse van die foto se grootte … of is dit nie?

Dankie by voorbaat

Jul waarderende Oom HvD

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page