top of page
Uitmelkbos

HELP-MY-KRAP


Buig die boompie solank hy nog jonk is.

Skynbaar glo kameelperde ook aan hierdie mensespreuk.

In die bos het die buig van die boompie egter nie met inbreek, dissipline en die kweek van waardes by ‘n jongeling te make nie.

Dis die jolliejeuk wat hulle dryf.

Vermoedelik om van die alewige plaende bosluise ontslae te raak, gaan staan ‘n kameelperd wydsbeen oor die uitverkore boom – en vryf, krap en skuur dan vir die eerste span.

Sebras doen dieselfde – dikwels met ewe ongelukkige gevolge vir die jong boompie.

Jacob Claassens, ander een van die twee sewejarige kameramanne, het die foto van die kameelperd in Wildevylaan, Sabiepark, geneem. Dit is Kapous en Leonora Mouton se boompie wat verrinneweer word.

Naskrif: Die hulpvaardige renostervoëltjies sit natuurlik ook snaweltjies by om bosluise op ander diere in bedwang te hou. Maar dis maar sekondêre hulp, soos ek dit sien. Soms moet ‘n mens/dier liefs self ingryp as om van ander afhanklik te wees

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page