top of page
  • Uitmelkbos

HEL OP AARDE

Eskom se ellendes is geen grap nie. Hoede af dan vir diegene wat met ‘n slim stukkie spot, ‘n kwinkslag of humoristiese kommentaartjie die gemoed ietwat verlig. Dit sluit die spotprenttekenaars in, soos Zapiro, “Beeld” se Niel van Vuuren. en Fred Mouton in vandag se “Die Burger”.

Beurtkrag Fase 4 (en die gevaar van nog erger aanslae van die duisternis) herinner die uwe aan ‘n storie van vele jaar gelede oor wat die Engelse as “hel op aarde” beskou. Dis glo ’n plek waar:

Italianers die soldate is; Duitsers die polisie; Belge die popsangers; Swede die komediante; Grieke die regering vorm; Spanjaarde die spoorwee bedryf; Skotte die kroegmanne is; Die spraaksame Iere die politici is, En Nederlands die amptelike taal is.

Daardie storie is natuurlik lankal verlede tyd. Meen, die Spaanse spoorwee loop darem stukke beter as Prasa se gesukkel, of hoe?

Nou met Eskom se dinge kan ons by die ou grappie seke rook sonder skroom ‘n nuwe kategorie van “hel op arde” voeg: ‘n Plek waar die Suid-Afrikaners (lees ANC-kaders) die elektrisiteit moet verskaf.

Ek glo ook nie dat die berugte Grieke juis by die nimlike kaders kan kers vashou om ‘n land ferplie op te foeter nie!

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page