Daardie ou radio-kalant Fanus Rautenbach het ‘n wonderlike ding die wêreld ingestuur hoe mense volgens hul beroepe sterf:
Reisigers gaan heen: jagters gaan bokveld toe, kokke steek die lepel in die dak, die melkboer het die emmer geskop, ens.
Gister kyk ek op Kyknet na ‘n program van diere-videos. Een is van twee hamerkoppe wat amoreus raak. Skielik wonder ek hoe Fanus die uitoefening van die liefdeskuns volgens spesie sou beskryf.
In die geval van die twee liefdevolle hamerkoppe raai ek dat Fanus sou gesê het – verskoon tog maar die waagmoedigheid en vrymoedigheid – hulle spyker!
Comments