top of page
  • Izak de Vries

Ha!man


Hier is nou ’n lekker geleentheid om pret te hê én goed te doen. Ha!man doen ’n konsert ten bate van Helping Hands. Elke sent wat die aand geïn word, gaan na Helping Hands.

Kaartjies kos slegs R50 per persoon, en is by die deur te koop.

Wie is Ha!man? Hy is ’n tjellis wat klassieke opleiding ontvang het en nou musiek maak, komponeer en werkswinkels fasiliteer. Hy doen enige iets van techno, Afro tot barok, alles soms in ’n werk. Ha!man se musiek is spontaan en geweldig verbeeldingryk. Die knaap het al op vier kontinente opgetree.

Julle kan hom sien en beleef.

Waar? Woodstock Stadsaal (Motorwagte word gereël)

Wanneer? 25 Maart om 19h00. Hoeveel? Regtig net R50!

Wie is Helping Hands? Ek het verlede jaar oor die projek geblog. Mable Solani het in 2003 ’n sopkombuis begin. Vandag is sy ’n dagsorgmoeder vir meer as 50 kinders. Sy doen ook Vigsberading. Hier is nog ’n skakel.

Melt, en alle ander wat graag vir Dominic wil bel (oor die konsert), sy nommer is: 082 725 9963

As julle meer wil weet oor Ha!man, kliek hier. http://www.hamanworld.com/

0 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page