top of page
  • Uitmelkbos

Grootmoedige verloorders

Amerikaners is ongetwyfeld die wereld se grootmoedigste verloorders. Dit tref telkens met ‘n presidentsverkiesing met watter grasie die verloorder ‘n buiging na die wenner maak. John McCain was geen uitsondering nie. Trouens, sy beskaafde gelukwensing aan die seevierende Obama was waarlik ‘n getuigskrif vir die man se ordentlikheid.

Hier is die ewe grootmoedige kommentaar van ‘n Amerikaanse vriend – ook ‘n Republikein: “He was not my choice, but my fellow Americans have spoken unequivocally and President-Elect Obama is now my President. A new generation has prevailed, and with Tennyson I muse:


“The old order changeth, yielding place to new,

And God fulfuls himself in many ways,

Lest one good custom should corrupt the world.”

— Alfred Tennyson in The Passing of Arthur


How true,

Regards, and to the justifiably jubilant: Hearty Congratulations,”

Vir iemand wat ‘n pak met soveel styl vat (en Tennyson so vanpas kan aanhaal), haal ek my hoed af.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page