top of page
Uitmelkbos

GRIEKWASTAD? (vervolg)

My aandag is daarop gevestig dat Beeld in sy laaste uitgawes vanoggend wel ook die naam gepubliseer het van die seun wat weens die pastoriemoorde op Harrismith in hegtenis geneem is. Verheug my, want vir Beeld het ek ook ‘n sagte plekkie na al die sakke sout wat ek in die eerste ses jaar van sy bestaan saam met die ander Beeld-pioniers in Doornfontein opge-eet het.

Dalk het Die Burger ook die naam in sy stadsuitgawe. My vorige blog is egter geskryf op grond van die uitgawe van Die Burger wat ek op Melkbos voor my gehad het, en Beeld se webblad wat ek daarna,  om 08:00,  besoek het.

Saktye het seker ‘n rol gespeel – maar dit bly ‘n feit dat Volksblad voor sy groter susters die nuus op sy webblad gehad het. Webblaaie het na my tyd gekom,. maar dit sou my verras as Volksblad se webblad deur ‘n gunstiger saktyd bevoordeel sou gewees het.

As ek my kollegas by Beeld en Die Burger onverdiend te na gekom het, is ek jammer. Maar dit verdun nie my trots op Volksblad nie!  

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page