Weet nie waarom wroeg die Hillside Times se mense so in 7de Laan nie. Die hantering van sy penarie is tog vanselfsprekend: ‘n hoofberig op die voorblad waarin die omvang van die misleiding, bedrog en kwaadwilligheid van die hele aanslag op hom duidelik oopgevlek word, ‘n aankondiging dat hy ‘n klag by die Polisie indien en onmiddellik ‘n onafhanklike ondersoek gelas na die hele nare spul, plus ‘n onvoorwaardelike apologie aan almal wat kon skade gely het weens die berekende onderduimsheid van die slinkse bedrieërs.
Hierdie advies kom kosteloos – hvd is een van daardie merkwaardige spesie: ‘n konsultant wat verniet werk.
Weet ook nie hoekom waag draaiboekskrywers hulle aan koerantsituasies sonder om koerantekundigheid in te roep nie. Hulle laat hulleself net onbeholpe en simpel lyk.
Vir laasgenoemde sal my advies egter geld kos as hulle op Melkbos sou kom raad vra!
Comments